Saam in Afrika / Attie van Niekerk

R45.00

In die nuwe Suid-Afrika na 2 Februarie 1990 gaan dit nie bloot om die aftakeling van apartheid en die vestiging van ‘n regverdiger bestel nie.  Dit gaan om iets veel meer omvattends en moeiliks:  die vind van ‘n verhouding tussen twee geesteswêrelde.  Die uitdagings wat gepaard gaan met dié eerste werklike ontmoeting van die Westerse kultuur en die onpeilbare gees van Afrika, vra om die beste skeppende denke van wit én swart, aangevuur deur die regte gesindhede, en roekloos oop vir verskille wat maar te maklik is om te ontken.

Saam in Afrika is ‘n insiggewende boek, wat sonder omhaal van woorde wys op die onderliggende uiteenlopendhede wat oorbrug sal moet word.  Die toekoms van Suid-Afrika, sê die skrywer, hang daarvan af of ons almal saam daarin kan slaag om ‘n sinvolle patroon van samewerking uit te werk.

Prof. Attie van Niekerk het ‘n lewenslange verbintenis met die sending.  Sy vader was dosent aan die Stofberg-Gedenkskool, en hy is tans rektor van die Teologiese Skool Stofberg aan die Universiteit van die Noorde, waar predikante vir die NG Kerk in Afrika opgelei word.  Hy is getroud en het vyf kinders.

Out of stock

SKU: NIE-FIKSIE.DON022/9/3/22 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1992

Sagteband boek met effense verweer aan rande.  Ligte watermerk aan linker boonste hoek.  Binneblaaie effe vergeel maar in goeie toestand.