Description
Uitgewer: Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1977
Hardeband met stofomslag, effense skaamerke op omslag, stempel van vorige biblioteek voorin boek, nog in mooi en netjiese toestand
R85.00
Die voortvarende, onvoorspelbare Ben Havinga het verdwyn. Saam met sy vennoot, George Steenkamp, is hy die wildernis van Wes-Afrika binne agter drome van winsgewende jag- en diamantkonsessies aan. Ben is gedryf deur die alleroorheersende obsessie van sy lewe: om aan sy vrou Yvonne, te toon dat hy beter kon doen as Nic Bester, die man aan wie Yvonne verloof was voordat sy met Ben getroud is.
En toe vra Yvonne juis vir Nic, bekende grootwildjagter en safari-leier, om Ben te help soek. Saam met hulle op die reis is hul ou kampmaats, ds. Flippie Schoeman en die grootmond-Amerikaner, Ted Hayward.
Hierdie is egter nie die gewone jag-ekspedisie nie, dit het Yvonne-hulle gou agtergekom. Hulle het Ben en sy vriend gevind, maar in die proses in die politieke intrige en burgeroorlog in die rebelstaatjie Bo-Intongo beland. Hierdie keer het hulle nie na wilde diere geskiet nie, maar na mense. Die oorlog het hulle meegesleur, en die intriges in hule eie geledere het ook nie uitgebly nie. Dit was die spanndenste dae van hul lewe met die een lewensgevaarlike oomblik na die ander en uiteindelik het ‘n tragedie hul geselskappie getref. Maar die tog na Bo-Intonga was ook in baie opsigte ‘n oplossing vir knellende probleme.
1 in stock
Uitgewer: Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1977
Hardeband met stofomslag, effense skaamerke op omslag, stempel van vorige biblioteek voorin boek, nog in mooi en netjiese toestand