Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum:Eerste druk 1975
Toestand: Hardeband met stofomslag skeur op agterkant van omslag boek nog skoon
Johannes Meintjies (Foto van binneblad van boek se omslag)
Johannes Meintjies kom eintlik van die Stormberge af. Met die vroeë dood van sy vader, ‘n skaapboer in die distrik Moleno, het die gesin op Riversdal gaan bly, waar die seun op 19 Mei 1923 gebore is en tot 1938 skoolgegaan het. Nadat hy gematrikuleer het, het hy ‘n graad in die lettere aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Met ‘n loopbaan as kunsskilder voor oë, het hy sy akademiese opleiding in die skone kunste op ouderdom 15 begin. Die letterkunde was sy tweede liefde, en ook op hierdie gebied het hy op jeudigte leeftyd reeds aansienlike aanleg getoon. Die jaar 1944 het sowel die publikasie van sy eerste boek as die eerste uitstalling van sy skilderye gesien. Sedertdien het hy in London, Amsterdam en Parys gestudeer en in Kaapstad en Johannesburg gewoon tot hy in 1949 na die ou familieplaas Grootzeekoegat in die distrik Moleno teruggekeer het en dit sy hooftuiste gemaak het.