Skateiland / Robert Louis Stevenson (Libri-boek)

R55.00

Skateiland het vir die eerste keer in 1925 in Afrikaans verskyn. Dit was ‘n vertaling uit die oorspronklike deur Mev. A.E. Carinus-Holzhausen. Die huidige boek is ‘n heeltemal hersiene en verwerkte uitgawe van hierdie eerste Afrikaanse druk.

Robert Louis Stevenson in 1850 in Edinburgh gebore. As jong man het hy in ingenieurswese belanggestel, maar het later advokaat geword. Hy het egter nooit gepraktiseer nie, omdat hy reeds vanaf sy sestiende jaar en later al sy tyd aan skryf gewy het. Hy het wêreldbekendheid in 1886 verwerf by die verskyning van Kidnapped en The Strange Case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde. Treasure Island is in 1882 geskrywe, nadat hy van ‘n baie gelukkige reis na die Stille Suidsee teruggekeer het. Hier het  hy ook later om gesondheidsredes gaan woon. In 1894 is hy te Semoa oorlede.+

1 in stock

SKU: FIKSIE.MAR.008/8/17 Category:

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik Bpk.

Hersiene en verwerkte uitgawe, derde druk 1962

In Afrikaans vertaal deur A.E. Carinus

Hardeband met stofomslag met geel sellotape op al die hoeke geplas, boek binne is nog redelik netjies maar is gelees. Nog stewig, titelblaaie vasgeplak aan binneblaaie.

Nommer II van Die Libri-reeks van Klassieke jeuglektuur