Skimme in die skadu / Micki Pistorius

R160.00

Reeksmoorde: ‘n Profielsamesteller se ware verhaal.

Reeksmoordenaars ervaar die mag oor lewe en dood as almagtig. Aangesien hulle min beheer het oor hulle eie lewens en gevoelens, raak hulle verslaaf aan die almagtigheid wat beheer oor iemand anders se lewe hulle bied. Daarom pleeg hulle herhaaldelik moord. Dit herstel hulle geestelike wanbalans wanneer hulle selfwaarde in twyfel getrek word. As ek ‘n reeksmoordenaar moes ondervra, het ek op metafisiese vlak in die troebel waters van sy siel geduik. Sy emosies van leegheid, eensaamheid, depressie en vrees was bekend aan my. ‘n Mens kan nie eens begin om ‘n reeksmoordenaars se psige te ontleed as jy nie kans sien om sy emosies te voel nie… – Dokter Micki Pistorius het vir ses jaar as ‘n profielsamesteller vir die SA Polisiediens gewerk en word wereldwyd beskou as ‘n deskundige oor reeksmoord. As hoof van die eenheid vir ondersoekgerigte sielkunde was sy betrokke by meer as dertig gevalle van reeksmoordenaars, en sy het bykans tweehonderd speurders plaaslike opgelei om reeksmoorde te ondersoek.

Out of stock

SKU: BIO.WAK.013/10/21 Category:

Description

Uitgewer: Penguin Books

Datum: Herdruk 2011

Toestand: Sagteband in puik toestand, naam van vorige eienaar voorin geskryf