Soeklig – Fokus op Matteus: ‘n Bybelleesgids vir jongmense

R65.00

Die Deputate Jeugsorg het die opdrag om aan die verskaffing van goeie geestelike lektuur
vir ons jongmense aandag te gee. Een saak wat volgens die deputate prioriteit moet geniet,
is om leiding aan jongmense te gee sodat hulle met persoonlike Skrifstudie die Bybel
konstruktief en opbouend kan lees. Ons vertrou dat hierdie Bybellees-gids oor Matteus ons
jongmense daarmee kan help.
Die problematiek waarmee ons jongmense as Christen-gelowiges in die negentigerjare te
kampe het, is ingewikkeld. Die uitdaging om as geankerde gelowiges koers te hou, is groot.
Die bekende woorde van Psalm 119:105 bly onverswak waar: “U woord is die lamp wat my
die weg wys, die lig op my pad.” Mag hierdie handleiding ‘n helder soeklig wees wat die
koers duidelik aandui. Deputate Jeugsorg, 1991.

1 in stock

SKU: GEE.JCB.003/4/19; GEE.JUN.013/10/19 Category:

Description

Uitgegee deur die Calvyn-Jubileumboekefonds

1991

Sagteband boek is splinternuut