Somer van die Stormvoël / Anna Jonker en Keith Honeyman

R75.00

Daardie helder oggend toe die driemanskap – Pikkie, Koos en rabbedoe Fransie – die jolboot Stormvoël in die modder van die strandmeer ontdek, begin ‘n somervakansie vol avontuur in die voëlparadys van die meer, in die bos bo langs die rivier, by die rotspoele van die gevaarlike kus, op die stil vaarwaters van die riviermonding en die stormsee anderkant die eiland.

Maar in die fyn spel van dialoog en simboliek kry hierdie vinnige spanningsverhaal sy diepgang van grootwoord. Fransie leer haar vroulikheid aanvaar. Pikkie kom agter dat ‘n leier om nederig moet wees en KOos se tong begin losgaan wanneer die strandmeer deur ontwikkeling bedreig word. En die kinderbende groei uit tot ‘n jeugklub wat die gemeenskap saamsnoer in’n bewaringsprojek.

Out of stock

SKU: JEUG.DON.025/17/7/19 Category: Tags: , , , ,

Description

Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatskappij

Eerste uitgawe eerste druk 1985

Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad, boek in nuwe toestand behalwe vir tippex merk op binneblad en WITHDRAWN op titelblad geskryf met strepe deur die titel info

Illustrasies: Ian Lusted