Stroomop: Herinneringe van ‘n koerantman in die apartheidsera / Harald Pakendorf

R230.00

Hierdie boek het pas verskyn in Mei 2018.

wat gaan deur ‘n koerantman se kop as ‘n woedende John Vorster hom vroegoggend bel oor kritiese beriggewing? Hoe hanteer hy dit wanneer ‘n kabinetsminister een van sy verslaggewers met die vuiste wil bydam? Of as ‘n groep regse belhamels ‘n politieke nuushond teer en veer? Hoe kry ‘n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer sonder dat die veiligheidspolisie se sensors ingryp?

Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ‘n onstuimige tydperk van Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van Oggendblad (1972-1979) en Die Vaderland (1980-1986) met moeite voor hulle oë verdra.

Available on backorder

SKU: GESK.NUUT.PEN Category:

Description

Uitgewer: Penguin Books

Datum:  Eerste druk 2018

Toestand: Word op aanvraag bestel vanaf die uitgewer – Laat twee weke afleweringstyd toe na bestelling.