Swart kat van geluk / C.S. Badenhorst

R35.00

Wat doen ‘n sestienjarige seun wanneer hy besef hy gaan ‘n kwaai potjie loop met sy pa oor sy swak skoolwerk, sy lang hare, sy lawaaierige popmusiek-plate en die uitspattige plakkate teen sy kamermure? Boonop is hy bang sy pa ontdek die ingesmokkelde kat in sy kamer, want sy ma is sieklik en allergies vir alle troeteldiere. Dit is die onbenydenswaardige situasie waarin Andries hom bevind in die voorlaaste skoolvakansie van sy standerd-nege jaar. Hy gaan soek raad en hulp by oom Stoffel, ‘n ou allemansvriend wat sy eie sorge het en by Sanet, ‘n witkopnooi met ‘n laggie in haar oë en in haar stem.

Out of stock

SKU: JEUG.JUL.003/11/16 Category:

Description

Uitgewer:  JP van der Walt en seuns

Datum: Eerste druk 1977

Toestand: Hardeband sonder stofomslag, boek toon verweer aan buitekant en het verbruiningsmerke aan rante van boek, x bibboek met sakkie en stempels – goeie leeskopie