Tasal van die grasvlaktes / A.A.J. van Niekerk

R90.00

Tasal kan ure lank op ‘n drafstap oor die gelyktes aanstryk, hy kan ‘n perd flou hardloop as hy wil. Maar by die baashardloper Oertwa kan hy nie voorbly nie. Hulle jag hom soos ‘n trop wildehonde – Oertwa en die vier ander Boesmans – en bind hom met rieme op die grond vas. Oor sy hele lyf smeer hulle heuning: dan laat hulle hom vir die son en die insekte.

Hulle kom van oral: hulle krioel oor sy lyf en begin vreet deur die heuning. Tasal kan hom nie roer nie. Eers praat hy met die Groot Koning van wie die witman hom geleer het, later begin hy waansinnig skree.

In ‘n grot le sy verhongerde ou vader dood. Sy laaste wens? Dat Tasal leier van Thebe se Boesmans sal word en dat hy so sy opdrag sal uitvoer : dit waarvoor hy van anderkant die blou berge van die witgrasvlakte af gekom het.

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.ADG.002/7/17; FIKSIE.BOE.006/6/18 Category:

Description

Uitgegee deur HAUM

Tweede hersiene uitgawe 1979

Hardeband met mooi stofomslag,

Ou bibboek slegs sakkie voorin boek

Stofomslagontwerp: Flip