Teen die stormwinde in: ‘n outobiografie van Gaele Andriesz van der Walt /Van der Walt, Ernst J

R210.00

DIE BOEK IS TANS UIT DRUK – BESTELLINGS KAN STEEDS GEPLAAS WORD EN SAL VERSEND WORD SODRA DIT VAN DIE DRUKKER AF KOM…

Teen die Stormwinde in is ‘n geskiedkundige roman oor die lewe van Gaele Andriesz van der Walt, die stamvader van die Van der Walt-familie in Suid-Afrika. Dis op versoek nagevors en geskrywe met die oog op die driehonderjarige viering van die aankoms van ons stamvader in die Kaap in 1727. Dit word deur die skrywer as ‘n “outobiografie” aangebied.

Sy vertrek uit sy vaderland en uit sy ouerhuis, die onbekdend in, om ‘n ekonomiese heenkome as matroos op ‘n VOC-skip te vind en die wyse waarop hy die seereis van ongeveer drie maande met sy gevaarlike stormwinde oorleef, getuig van durf, dapperheid en deursettingsvermoë. Om ‘n matroos te wees op ‘n VOC-skip was alles behalwe ‘n piekniek! Sy reis na die Ooste einde egter onverwags in die Kaap toe die Huis te Assenburg, sy skip, sonder hom verder vaar. Hy het geen ander keuse nie as om ‘n nuwe lewe in die Kaap te begin. En so begin die verhaal van die Van der Walt-familie in Suid-Afrika.

In die terugskouing van 300 jaar is die erfenis van hom en sy vrou Johanna groots en kosbaar. Na drie eeue inspireer hulle moed, deursettingsvermoë en durf steeds. Hulle nageslag salueer met dankbare erkentlikheid hulle vasbytvermoë. Hulle het voorwaar die storms van die lewe  getrotseer en gedra deur die drie-enige God se hand van genade, oorwin. In onsigbare letters staan daar oor hulle lewens geskrywe, “sola gratia” – deur genade alleen!

‘n Baie besondere bydrae nie net tot familiegeskiedenis nie maar tot die verstaan van die Afrikaners se pionier voorvaders se veelbewoë lewe in die 18de eeu. Dis ‘n merkwaardige manier om genealogie te skrywe, ‘n nuwe genre.” – Prof. Herman Giliomee

Out of stock

SKU: GESK.ERN.001-004/3/19 Category:

Description

Uitgewer: Van der Walt Bond / Feanwalden

Datum: Tweede druk 2016

Toestand: Splinternuut van skrywer ontvang