Ter wille van Talita / Helena Hugo

R90.00

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, ’n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met ’n ysterhand regeer. Theuns is ’n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel. Die titel kom vanuit Markus 5:41 waar Jesus vir die dogtertjie sê: “Talita, staan op!” Dit word simbolies gebruik as prentjie van die ontwaking van ’n kind, maar ook ’n sigbare teken van ’n kind wat volwasse word en haar eie identiteit moet vestig, weg van die beskerming van haar ouers. Sy moet as ’t ware opstaan en op haar eie kan staan.

1 in stock

SKU: FIKSIE.011/02/11/23(SUR) Category:

Description

Uitgegee deur Lux Verbi

Eerste uitgawe eerste druk 2014

Sagteband in nuwe toestand, geskrewe pen op voortste binneblad

R90