Tessa en die tienerbende / Elizabeth Stander

R70.00

Die tweede kwartaal van Tessa se eerste jaar op hoërskool het reeds weer aangebreek soos met alle kinders, is dit met ‘n beswaarde gemoed dat sy en Loné de Vaal, haar boesemvriendinnetjie, hierdie nuwe skof tegemoet gaan. Maar die skool het nog nie eers weer heropen nie, of Tessa het ‘n blink nuwe gedagte: Hulle moet ‘n tienerbende stig!

Maar hierdie bende gaan nie sommer net gestig word om bloot ‘n bende van vriende te hê nie: Nee, agter hierdie plan skuil ‘n beslite doel.Tessa het gehoor dat daar soveel jong kindertjies in die hospitaal is wat ver van die huis is en wie se ouers hulle nie gereeld kan besoek nie, en ook ander wie se ouers nie kan bekostig om af en toe ‘n geskenkie te bring nie. En toe hoor sy dat sommige van hierdie kindertjies in die nag in die donker lê en huil, het sy besluit dat sy iets daaromtrent moet doen. Vandaar die blink plan om die bende te stig.

Out of stock

SKU: JEUG.BOK.152/2011 Category:

Description

Uitgewer: JP van der  Walt en seun

Datum: Eerste uitgawe 1968

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, boek is nog in redelike goeie toestand, effense skimmelvlekke op binneblad en sellotapemerke op binneblaaie

Reeks: Tessa-reeks nr. 3

Die Tessa-reeks word geskryf deur Elizabeth Stander (skuilnaam van Ela Spence).

  1. Tessa en die tente-trek (1967)
  2. Tessa van Tellerstraat (1967)
  3. Tessa en die tienerbende (1968)
  4. Tessa by die Therons
  5. Tessa weer tuis (1969)
  6. Tessa en die trourokke (1970)