Sale!

Toe Nou Resepteboek: Legendariese gesonde disse uit Ouma se kombuis / Funky Ouma

R150.00

Funky Ouma TOE NOU is ‘n resepteboek wat saamgestel is deur agt funky oumas wat hulle gunsteling- gesonde en tradisionele resepte vir hulle kleinkinders gekies en met die Funky Ouma-span gedeel het.

Die fokus val op gesonde, maklike en prettige disse wat jy saam met jou kinders of kleinkinders vir die hele huisgesin kan maak.

Die skrywer van die resepteboek, Anneke van Rooyen (bekend as Funky Ouma), deel in hierdie boek ook haar pad met kanker en hoe sy die stryd gewen het met gesonde eetgewoontes en deur skadelike kos met goeie keuses te vervang. So dra sy ook ? positiewe boodskap aan volgende geslagte oor.

Hierdie resepteboek is ? goeie geskenk vir ma’s en oumas. Die voorblad is kreatief en sal mooi lyk in enige kombuis.

Funky Ouma TOE NOU – 100 kwaliteitbladsye vol idees, wenke, positiewe woorde, helder foto’s wat jou mond sal laat water en regte funky oumas wat saam met hulle kleinkinders kook.

 

Out of stock

Description

In 2017 gepubliseer in samewerking met die gesinstydskrif LIG.

Pragtige keurig versorgde hardebandboek van hoë kwaliteit.

2017