Tom se middernagtuin / Phillipa Pearce

R100.00

Tom moet weggaan in die lang vakansie omdat sy jonger broer masels het. Hy gaan by ‘n kinderlose oom en tante in die Fens in ‘n woonstel bly – maar hierdie woonstel is deel van ‘n eienaardige drieverdiepinggebou wat in sy oorspronklike staat ‘n Victoriaanse herehuis was. Sommer kort na sy aankoms begin daar ‘n buitengewone en onverklaarbare avontuur vir Tom waarin ‘n meisietjie met die naam van Hatty die hoofrol speel.

Tom hou die vreemde gebeure waarin hy betrokke raak vir sy oom en tante geheim. In werklikheid is Tom in hierdie eerste weke na sy aankoms besig om ‘n ontdekking te doen, maar dié ontdekking is te fantasties dat sy oom en tante dit sou glo of begryp. Tom begryp dit self ook nie maar probeer tot op eie houtjie die geheimenisse ontrafel waarvoor hy te staan kom.

Tom se middernagtuin kan beskryf word as ‘n skitterende fantasie oor die tyd-tema. Kinders van 12 tot 14 jar sal deur die verhaal geboei word. Dis egter ‘n boek wat die verbeelding van lesers van alle ouderdomme sal aangryp. Dit is bekroon met die Britse Biblioteekvereniging se Carnegie-medalje.

Out of stock

SKU: JEUG.BIK.014/2/18 Category: Tag:

Description

Uitgewer: John Malherbe Edms Bpk

Datum: 1964

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag stempels in boek maar nog in puik en stewige toestand

Tekeninge: deur Susan Einzig

Oorspronklike titel: Tom’s Midnight Garden

Vertaal: Deur Amelia Weideman