Toorbos / Dalene Matthee

R200.00

Toorbos is ‘n bosromanse. Dit is die storie van ‘n ingewyde ‘bosvrou’ se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ‘n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry.
Karoliena Kapp is ‘n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur ‘n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur ‘n man, Johannes, ‘n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena “afgetrou” met hom, en moet sy ‘n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem.
Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar ‘n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ‘n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy  – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied.
Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag ná die huwelik wéét sy dat daar “iewers, iewers iets verskriklik verkeerd” is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ‘n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: “wie’s-jy, wie’s-jy”.
Dit is die vraag wat sy vorentoe moet beantwoord.

Out of stock

SKU: FIKSIE.AND.020/1/23(SUR) Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Tweede druk 2003

Toestand: Sagteband in goeie toestand, effense verweer op hoeke en kante, plakker en geskrewe name op voorste binneblad

Omslag : Laura Olivier