Trans-Siberiese Ekspres / Konsalik

R80.00

Van Moskou na Wladiwostok. ‘n Troostelose sneeulandskap. Tien dae en tien nagte lank met die Sowjet-Unie se spogtrein – die Trans-Siberiese Ekspres. In ‘n eersteklaskompartement sit Werner Forster, Duitse ingenieur, vir wie hierdie kennismaking met Siberië die vervulling van ‘n kinderdroom is. Teenoor hom sit Pal Viktorowitsj Karsanof, kolonel in die Russiese geheime diens. Hulle stel gou vas dat hulle nie veeel vir mekaar te se het nie. Tien dae om in mekaar se gesigte vas te kyk.

Dis nag wanneer die trein die stasie van Swerdlowsk binnery. Werner Forster staan in die gangetjie voor die venster. Binne wil Karsanof die kompartement aan stukke snork… Skielik sien Forster haar: die skraal meisiekind, sonder bagasie, wat uit ‘n skadukol nader storm en vreesbevange op die trein spring. Dan gebeur iets wat hy self nie mooi kan verklaar nie…

Out of stock

SKU: FIKSIE.BFL.010/6/20 Categories: , ,

Description

Tafelberg uitgewers

Eerste druk 1976

Hardeband met mooi netjiese stofomslag, effense skeurmerkies op rante van die omslag, naam voorin geskryf. Blaaie vergeel maar boek nog skoon en netjies.