Tussen stasies / Irma Joubert

R140.00

Die vroulike hoofkarakter, Gretl, se ouma was ‘n Jodin wat met ‘n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods, maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur – selfs in die derde en die vierde geslag. Teen daardie tyd wéét die Jode van die doodskampe. Daarom laat die ma haar twee dogtertjies ontsnap deur ‘n klein opening in die beestrok waarmee hulle vervoer word. So swerf die agtjarige Gretl en haar twaalfjarige suster deur die suide van Pole op pad na familie in Switserland. Die suster word ernstig siek en hulle kry onderdak by ‘n bitter arm Poolse vrou met ‘n swetterjoel kinders.

Die manlike hoofkarakter, Jakób, is ‘n vurige Poolse student wat tydens die oorlog by die Poolse weerstandsbeweging aansluit. Die beweging het hoofsaaklik guerrilla-aanvalle op beide Duitse en Russiese magte gedoen, gestreef na die outonomie van Pole ná die oorlog, en vlugtelinge, ook Jode, gehelp.

Wanneer Gretl se suster sterf, en die Poolse vrou ook nie meer na haar kan omsien nie, word Gretl Jakób se verantwoordelikheid. Gretl weet nie waar of wie die familie is waarheen hulle op pad was nie, dus neem hy haar saam na sy ouerhuis in Czestochowa. Daar is egter geweldige armoede en tekorte in die naoorlogse Pole, sodat sy teen die einde van 1947 ook nie meer daar kan bly nie. Jakób lees van ‘n program wat Duitse wesies na Suid-Afrika stuur en hy kry haar daar in.

Out of stock

SKU: FIKSIE.WOR.002/8/19 Category:

Description

Uitgewer: Lapa

Datum: Tweede uitgawe eerste druk 2013

Toestand: Sagteband in puik toestand, vorige eienaar se naam voorin in ink geskryf – boek is nog skoon en netjies.

Reeks:  Tussen Stasies is boek drie in die trilogie:

Boek 1 – Ver Wink die Suiderkruis, 2013 uitgawe, 303 bladsye.

Boek 2 – Tussen Stasies, 2013 uitgawe, 510 bladsye.

Boek 3 – Tolbos, Eerste uitgawe 2013, 537 bladsye.