Twee hang bo die pad vier loop op die mat / Elsabe Steenberg

R140.00

‘n Vrou met vier jong kinders hoor op ‘n dag dat sy aan ‘n ongeneeslike kwaal ly – ‘n siekte van die rugmurg. Oor baie jare heen het sy die simptome toenemend ervaar, maar nie geweet hoe ernstig dit is nie.

Eers het sy agtergekom dat sy nie meer ordentlik kan brei nie, toe het sy begin sukkel met nierpyp- en blaasontsteking, haar bene het kol-kol gevoelloos geraak, haar regterhand slaperig. Later het sy dubbelvisie in die een oog ontwikkel, en dit al moeiliker gevind om sonder  hulp te loop. Sy is van die een spesialis na ‘n ander, sy het vibreerkussings op die proef gestel;  selfs na ‘n vrou gegaan wat die hande oplê. Toe kom die oomblik van waarheid: dis verspreide sklerose, ‘n geheimsinnige  siekte waarvoor daar geen doeltreffende genesing bestaan nie omdat die oorsaak onbekend is.

Van die oomblik af begin haar beproewing werklik, die stryd om haar nie te laat onderkry deur die ding wat haar aftakel nie.

Nugter en onsentimenteel vertel Elsabe STeenberg hier van  haar siekte, van die aanpassings waartoe haar onwillige bene haar gedwing het: van  krukke tot stootloper tot rolstoel tot uiteindelik, ‘n battery-aangedrewe stoel genaamd Vaaltyn. Sy skets met onbedwingbare humor, hoe die lede van haar gesin hul kant moes bring, omdat sy nou slegs met groot inspanning sekere take kon verrig. En sy skryf met ‘n diepe dankbaarheid oor haar medemens: die susters wat haar vrywillig kom masseer, die weduwee wat vroeg opstaan om vir haar beskuit te bak, die swartvrou wat vir haar Boontoe bid, en soveel ander wat getoon het dat mense nog omgee vir mekaar. (Van die flapteks van die boek.)

Haar positiwiteit en geloof het my ook bygeval in die boek.

Out of stock

SKU: BIO.ALM.003/5/22 ; BIO.WAV.010/27/5/22; BIO.CHA.(B).139/6/20 Category:

Description

Tafelberg

Datum:  Tweede bygewerkte uitgawe 1983

Toestand: Hardeband met stofomslag met verweer op die omslag, twee stempels voorin die boek, blaaie vergeel

Hierdie verhaal is van 29 Augustus tot 10 Oktober 1978 deur die SAUK in Vrouerubriek uitgesaai.