Vabond / Sterling North

R110.00

Sterling North is wêreldbekend as skrywer oor diere en die wildernis en met Vabond het hy die gesogte Dutton Animal Award verower vir die beste Amerikaanse diereverhal in 1963. Hierin word ie ware verhaal vertel van ‘n seuntjie se liefde vir ‘n ongewone troeteldiertjie: ‘n wasbeertjie. Die jaar van hul vriendskap word met liefde, ‘n sin vir avontuur, en ‘n diep hunkering na verbygegane skoonheid oorvertel. Die leser maak nie net kennis met die beminlike ondeunde en verrassend slim wasbeertjie nie, maar kry ‘n blik op die natuurlewe van die Amerikaanse vasteland – ‘n blik wat in baie opsigte nou aansluit by die wêreld wat vir die kind so bekend is: die plaaslewe, ‘n ongerepte natuur, bos en veld wat elke oomblik nuwe wonderlike verrassings bied vir enigiemand wat sy oë oophou. Die verhaalelement in die boek is sterk genoet om enige kind end-uit aan die lees te hou. Maar daarby kom ‘n beeld van ‘n hele tydperk – die vroeë jare van die eeu – en ‘n baie positiewe instelling teenoor die lewe : dat liefde en vrede belangriker is as haat en geweld.

Out of stock

SKU: JEUG.NIT.001/4/18 Category:

Description

Uitgewer: HAUM

Datum: Eerste uitgwae in Afrikaans 1972

Toestand: Hardeband met stofomslag in puik toestand, skoolstempel voorin en afgeskryf stempel in rooi

Oorspronklike titel: Rascal – 1963

Vertaal: Deur Chris van Lille (Andre P Brink)

Stofomslag: Deur Valerie Phipps-Smith