Valsrivier: ‘n roman / Domenique Botha

R140.00

Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak.

Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling.  Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet.

Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.Hier volg ‘n uittreksel uit die roman: “Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Hy beur verby my na die soetdoringskadu. Op die keerwal vrot die oog van ‘n dooie karp weg. Vinke kwetter in riete. Die panwater stink. “Ek glo jou nie.” “Dis waar. Babers is nie soos gewone visse nie. Hulle vreet modder en word so groot soos mans. In die aand kruip hulle op hulle skouers oor die grasperk om voor die huis te kom wei.” Ek stap vinniger om hom in te haal. “Ma se as jy sywurms beet voer dan spin hulle karmosyn drade. Is dit waar? Ek bedoel, wat beteken karmosyn?” “Dit beteken rooi. Maak gou, pietsnot.” Ek het sywurms in ‘n skoenboks op my klavier. Ma se moerbeie en sywurms het uit China gekom, jare gelede voordat ons land die enigste in die wéreld geword het. ‘n Mens kan sywurms kul om hartjies en klawers te spin, maar as jy hulle in vrede laat, spin hulle kokonne die kleur van plaasbotter. Snags Hadder die motte met bleek vierkies teen die kartondeksel en le stringe eiers soos snoere hekelkraletjies. Dan gaan hulle dood en ‘n fyn motpoeier versilwer die stilte in die boks. Dit is ‘n lang ent se stap na die enigste moerbeiboom op ons plaas. Die wortels is besig om die familiekerkhof se muur te lig en Pa dreig om die verdomde ding af te saag. Ma se ons moet liewers die bakstene terugmessel. Paul stap vooruit op die voetpaadjie wat soos ‘n lint deur die lang gras ooprol. Om die pan le likkewane en loer. Dis beslis waar, hulle kan jou met hul stert van jou voete af slinger, en eet slange; selfs rinkhalse en pofadders. Abram het eenmaal n likkewaan met sy pik doodgekap en dit huis toe gebring om te wys. Ma was ontsteld. Hy wou dit net vir moetie of sulke nonsens gebruik, het Pa gereken. Abram het gemompel dat die likkewane sy visfuike verniel. Selfs in die dood het die reuseakkedis sy vlammende kleurskakerings behou. Lang kloue het lyne op die stoep gekrap soos Abrain hom aan sy stert weggesleep het. “Kyk,” sé Paul, en wys na ‘n paar veldlelies wat in ‘n kraak in die modder blom. ‘”n Bondel middagsterre.” In die skadu van die kerkhofmuur wel kandelaarblomme uit die nat somergrond. In die herfs verdroog dit en die tollende kelke rol in die wind weg. Paul stoot die hek oop en gaan le op oupagrootjie Paul Michiel Botha se graf. Paul Michiel is die familienaam vir eersgebore seuns. Die hek se skarniere piep soos n piekanien se draadkar wat grondvat. “Jy moenie daar lè nie,” sé ek van die hekpaal af. Ek is bang vir die dooies. Onder ‘n beierende klokkekoor van duiwe druip bome soos groot blou trane om die kerkhof. Ma noem dit begraaiplaassipresse. “Luister na die voèls,” se Paul met sy voete op die grafsteen en sy oe op skrefies getrek. Hy noem hulle Sondagmiddagduiwe. Oor die jare het klomp takke uit ons stamboom in die kerkhof geval. ‘n Srreep Paul Michiel Botbas en vrouens en kinders is platgetrek deur die Groot Trek, die Groot Griep en die grootste hiervan die ouderdom. Ek gaan kniel längs die kleinste graisteen en streel met my vingers oor reenverweerde Hooghollands. “Wat sé die woorde?” vra ek. Petronella Botha. 1810 tot 1811. Hier rust ons geliefde dogtertji, dees aard was niet uw lot. […]

1 in stock

SKU: FIKSIE.FLE.015/4/21 Category:

Description

Umuzi

Hierdie uitgawe 2014

Sagtebandboek in mooi toestand, naam van vorige eienaar voorin boek geskryf

Wenner van die UJ-prys, die Eugene Maraisprys & die Rapport-prys