Vaselinetjie / Anoeschka von Meck

R90.00

Sy is Helena Bosman van ‘n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.

Dis ‘n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie.

Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

1 in stock

SKU: JEUG.RYK.021/04/23 Categories: , , , Tags: , ,

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, veertiende druk 2009

Sagtebandboek nog mooi en netjies, naam van vorige eienaar voorin boek in pen

Boekontwerp: Teresa Williams

Bandontwerp: Lien Botha

Pryse:   Op Ibby-ererol 2006;  MER prys vir jeuglektuur;  Jan Rabie / Rapport-Prys;  M-net Prys (kort formaat) 2009