Verdriet se moses / Helm Jooste

R85.00

23 Nuwe stories uit ou Suidwes.

Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op ‘n nostalgiese reis na daardie Suidwes: ‘n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met ‘n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid ‘n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe ‘n misleidende ontmoeting met ‘n loskop net die regte medisyne vir ‘n ontspoorde wewenaar geword het, hoe ‘n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as ‘n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as ‘bobaasverteller oor die ou dae in Namibië’.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.

1 in stock

SKU: FIKSIE.GRO.002/2/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe 1996

Sagteband met mooi gekleurde voorblad

Illustrasies: Fred Mouton