Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P Brink & Ingrid Jonker deur Francis Galloway

R250.00

Op 29 April 1963 stuur Ingrid Jonker ‘n telegram aan André P Brink om dankie te sê vir blomme en ‘n brief wat hy vir haar gestuur het. Hulle het mekaar ‘n paar dae tevore ontmoet. Hy was agt-en-twintig; sy ‘n jaar ouer. So begin ‘n briewewisseling tussen twee skrywers wat duur tot sy laaste brief aan haar in April 1965. Jonker verdrink haarself by Drieankerbaai drie maande daarna. ‘n Halfeeu later kom die liefdesbriewe vir die eerste keer aan die lig en ontvou daar in meer as tweehonderd skrywes een van Suid-Afrika se aangrypendste liefdesverhoudings.

Out of stock

Description

Umuzi

2016

Sagtebandboek in baie goeie toestand

“Ek het jou lief.

Ingetoë en stil, en met

oorgawe en wild”