Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1997
Toestand: Sagteband in puik en mooi toestand
R110.00
Marjolein, roosmary, kapperkruid, laventel, dille, tiemie… As sy dit aanhou sê oor en oor, doof sy dalk die ou ou klanke van Baa baa black sheep en Mary had a little lamb uit, kan sy dalk vergeet van die klavier se swart en wit klawers, van kleintyd toe…
“Lourier vir beskerming, laventel vir aangename drome, tiemie om nagmerries te keer, het die vrou in die kruietuin gesê. Vicky weet die vrou het die silwerwit streep oor haar pols gesien en dadelik gesnap wat dit beteken. Is dit hoekom sy vir haar die takkie roosmaryn afgesny het? Roosmaryn om mooi dinge te onthou… “Maar sy kan nie aan ‘n enkele mooi ding dink nie. Sy wil niks onthou nie. Want alles het kleurloos geword. Grys. Wit en swart. Soos die klavier se klawers… Mary had a little lamb… its fleece was white as snow… baa baa black sheep… and everywhere that Mary went…
Oral waar sy gaan, oral bly die ding op haar spoor. Veral snags. Die vrou in die kruietuin weet niks! ‘n Droomkussinkie van lourier en laventel, tiemie en marjolein sal nie vir haar kan help nie. Niks kan nie. Want sy het Ding self toegelaat tot binne-in haar eie kamer. Dis haar skuld. Sy weet dit.
Vleuels soos die arende is ‘n fyn onthulling van een van die grootste nagmerries ‘n mens in die lewe te doen kan kry.
2 in stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1997
Toestand: Sagteband in puik en mooi toestand