Vloek van die Abatagati / Izak S. Maré

R160.00

Speursersant Deon de Waal spaar al jare lank om eendag ‘n blinkswart 1986-Porsche Carrera te kan bekostig. Hy is verheug wanneer ‘n advertensie in die plaaslike koerant verskyn waarin sy droomkar teen ‘n weggeeprys aangebied word. Die eienaar van die Porsche wil dringend van die motor ontstlae raak, want sy glo vas dit spook nadat ‘n bose toordokter haar vervloek het. Deon het glo net een week om met sy droomkar te ry voordat die gevreesde Abatagati ook sy siel kom haal. Vloek van die Abatagati is ‘n aksiebelaaide en spanningsvolle riller wat die leser nie maklik sal neersit nie.

Louise Viljoen skryf oor die boek: “Ek is opgewonde oor hierdie opwindende debuutverhaal van Izak S. Maré. Dis ‘n aksiebelaaide en spanningsvolle riller wat die leser behoorlik koue rillings sal gee. Ek het heerlik aan hierie oorspronklike verhaal gelees en kon skaars die boek neersig. Dit het my selfs in mate herinner aan Stephen King se Christine waarin ‘n rooi 1958-Plymouth Fury deur die bonatuurlike beheer word. In hierdie geval is dit ‘n blinkswart 1986-Porche Carrera wat begin spook nadat ‘n bose toordokter wraak sweer op die jong argeoloog wat sy ontslape koko se beendere as nikswerd afmaak. Ek hoop om in die vervolg nog Afrikaanse rillers uit Izak se en te lees.

8 in stock

SKU: FIKSIE.NUUT.001/12/18 Category: Tags: ,

Description

Uitgewer: Izak Schabort Maré

Gedruk Groep 7 Drukkers en Uitgewers

Eerste uitgawe 2018

NUUT UIT DIE PERS!