Vosse van Bulberg / Izak B. Nel

R55.00

In Achter de Cogmanskloo0 het ek aangekom. Daardie stuk van die Klein-Karoo wat lê rondom die Waboomsberge, van die Kingna tot teen Touwsrivier in die noorde. Daardie stuk Kannaland waar die lug soet ruik. “Dis ‘n stuk wêreld waar die bergfisant in jou voortuin skrop en waar jy die tier se brul in die blou berg hoor, en die bobbejane se blaf as die oggendson opkom. Snags as die maan oor die aarde opkom, skree die skerpioene om jou en die huidjie-hu in die bloublomsalie voor jou deur. Dit is dan dat die huilroep van die rooijakkals in die kliprant bokant die werf losbars, asof hy op jou voorstoep staan, en die koue rillings langs jou ruggraat af trek…

Die storie van die buitengewoon uitgeslape jakkals Goab wat sy mens-vyand, Gert Vos, keer op keer uitoorlê, sodat die bygelowige mense van die distrik hom naderhand as ’n bonatuurlike wese beskou. ’n Besonderse jeugboek oor die mens en dier se interafhankheid

1 in stock

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1992

Toestand: Sagteband met mooi voorbladskets, waterskade aan onderkant van die boek, geringe merke op die onderkant van eerste paar bladsye

Omslagillustrasie: Leigh Voigt