Vreemder as fiksie en ander konterfeitsels / Johann de Lange

R100.00

Skrywers is aasdiere en kuns is boos. So skryf ‘n karakter in een van hierdie verhale. Ek sou kon byvoeg: en lesers is voyeurs. En hierdie dertiental tekste waarin ek (in die rol van ‘n soort later-day Sjeherazade?) besin oor die teenwoordigheid van die outeru in sy werk terwyl ek my agter ‘n hele reeks verskuiwende identiteite verskuil, waarin karakters van ander skrywers kamee-verskynings maak, en ek die grens tussen (outo)biografie en fiksie lustig oorskry en my o so betroubare verteller(s) voetnotas, skinderstories en les bes leuens influister, is terselfdertyd ‘n verslag van my leerjongenskap onder verskeie mentors, lewend en dood.

Ek en jy, liewe leser, is soos Johan Barth iewers sê, characters who die, telling themselves stories in the dark. Wees gewaarsku dat ‘n storie (veral die storie wat as “waar” aandoen) ‘n konterfeitsel is, en die skrywer ‘n leuenaar. An eternal curse on the writer of these pages? Stellig nie. But the, who knows…

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.(B).1007/15 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1996

Toestand: Sagteband in nuwe toestand