Vreesloos vry / Hettie Brittz

R250.00

Vreesloos Vry is die ware verhaal van Louis en Hettie Brittz se ervarings voor en na ‘n gewapende roof waartydens Hettie verkrag is. Die boek vertel egter nie net die storie nie. Vreesloos Vry is ‘n uitnodiging aan elke leser om saam te soek na die antwoorde op moeilike vrae oor swaarkry in die lewe, maar meer nog – ‘n uitnodiging om die liefdevolle, magtige God te soek wat agter die skerms, in ons harte en in die fynste besonderhede werk om selfs so ‘n nare gebeurtenis om te keer in ‘n verhaal van genesing, hoop en vryheid.

Die boek gee sleutels waarmee lesers ook uit hulle seer en woede kan ontsnap. Die verhaal is eerlik en Hettie deel ook areas van haar lewe waarin die oorwinning nie so maklik gekom het nie. Sy vra die vraag of ons nie soms langer in pyn lewe as wat nodig is nie. Is daar dalk ‘n vinniger pad na genesing? Vreesloos Vry nooi jou uit om solank die eerste tree te gee deur teen vrees te kies, sodat krag, liefde en selfbeheersing jou kan help om ‘n splinternuwe lewensroete te ontdek.

2 in stock

SKU: BIO.NUUT.041/2014; BIO.DEB.046/8/4/21; BIO.LIN.(B).025/9/23(SUR) Category: Tags: , , , , , , , , ,

Description

Green Hope Media

Eerste uitgawe 2011

Sagteband boek is splinternuut

Voorbladontwerp: Janet Prinsloo en Liezel Meintjies

 

Hettie Brittz is ‘n skrywer, motiveringspreker sowel as berader en moeder. Sy is getroud met die gospelsanger Louis Brittz en het twee dogters en ‘n seun. Sy was voorheen ‘n spraak, -taal en gehoorsterapeut. Sy het bekendheid verwerf vir die boeke Kweek kinders met karakter en Kweek gesonde gesag.