Vroue soos U en ek / A.M. de Moor-Ringnalda

R80.00

In hierdie kostelike boek stap al die bekende vrouefigure van die Bybel ee vir een in ons eeu in, waar alles net op spoed in die ruimte gerig is en gejaagdheid aan die orde van die dag, en die merkwaardige is dat hulle hier nog net so tuis hoort as in die verre verlede. Ons eie innerlike lewe word blootgelê, en op elke bladsy is daar die ‘ewig vroulike’.

Al die sondes van die Evasgeslag kruip hier uit: afguns, hoogmoed, pronksug, bedrog, sinlikheid en afgodediens. 52 Stories  waaronder dié van Hagar, Orpa, Rut, Hanna, Sara, die moeder van Jesus, Hadassa, Koningin Vasti en die owerspelige vrou om maar ‘n handjievol op te noem…

1 in stock

SKU: GEE.REL.0306 Category:

Description

Redaksie: Prof. S. du Toit, dr. JH Kroeze en Prof. W.J. Snyman

Uitgewers: Pro Rege Beperk

Datum: 1964

Toestand: Hardeband met stofomslag, effense verweer op omslag, boek nog in stewige en skoon toestand, vorige eienaar se boodskap en naam en datum voorin geskryf

Oorspronklike titel: Vrouwen als U en ik – 1959

Vertaling: Deur Adri Steyn en Hertzog Venter

Reeks: Persone en gedagtes uit die Bybel – Die boek is boek 5 in die reeks