Waterbobbejaan / Ben Venter

R65.00

‘n Legende uit die bosveld van Marico.

Is daar so iets soos ‘n Waterbobbejaan? In Wes-Transvaal (Noordwes provinsie) woon daar vandag nog mense wat onder eed sal verklaar dat hulle Waterbobbejaan met hul eie oë gesien het.

Wie is hy?  Wat is hy? Vriend of vyand?

“Neef” het oom Paul Raaswater die dag op die stoep aan die boer gesê, “jy voel natuurlik asof jy die oorspronklike eienaar, Waterbobbejaan, se bywoner is”

Dis groot woorde dié, ‘n man swoeg en sweet nie verniet om ‘n ruwe stuk aarde skoon en bewoonbaar te maak net om te hoor dat jy ‘n ander man…..e…. iets se bywoner is nie! En wanneer hierdie….hierdie ding wat in die nag wandel nog boonop jou vrugteboord plunder dan …. wil ‘n man moord steek en jy gryp jou sambok en jy gaan lê vir Waterbobbejaan voor en jy moker hom en …. jou hele lewensopvatting varander daarna. Soos die ander aanvaar ook jy nou so baie dinge filisofies.

Maar hierdie verhaal word nie net bevolk deur die boer, oom Paul Raaswater of Waterbobbejaan nie. Nee, daar is ander interessante – onvergeetlike karakters – soos oom Stoffel Wolf, oom Hans Meerkat wat deur sy sesde vrou oorleef is, die broers Piet, Willem en Koos en daar is nog die oorlamse Trappies en – die swart wolf.

En een of ander tyd kruis elkeen van hulle die massale voetspore van Waterbobbejaan – hy wat alles van agter sy watergordyn dophou. Hy wat sterker as enige mens is en deur almal gevrees word.

In hierdie skitterende verhaal laat Ben Venter die legendes oor die geheimsinnige mens-dier vir ons werklikheid word. Hier is benutting van ons eie Afrikaanse folkore. Hier is kostelike vermenging van konkrete werklikheidsbeelding en die geheimnisvolle puik aangebied. ‘n Verhaal wat nooit sy bekoring sal verloor nie.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.515/19; FIKSIE.ALG.517/19 Category:

Description

Voortrekkerpers

Tweede uitgawe eerste druk 1976

Hardeband met mooi omslag slegs naam van vorige eienaar voorin in ‘n kinderlike skrif boek waarskynlik nooit gelees nie – blaaie nog styf en ongebruik en netjies

Stofomslag Annette Stork