Description
Uitgewer: Lapa
Datum:2004
Toestand: Dagboek is in hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek is splinternuut en slegs naam van vorige eienaar is voorin geskryf
R30.00
Hierdie boek is nie net ‘n gewone dagboek waarin jy jou eie afsprake neerskryf nie. Die eerste deel van die boek verskaf waardevolle inligting o.a. Gestaltes van die maan, Die fases van die maan, langtermynnatuurtekens, Medium-en langtermyntekens, korttermyntekens, Natuurtekens vir spesifieke gebiede, Wat is El Nino en die La Nina-verskynsel? , Interessante feite oor die maan, Natuurwette van die Bybel. En dan word daar by elke dag van die maand ‘n weerwaarneming in die Winterreënvalgebiede sowel as die Somerreëngebiede gemaak en daar is plek waar jou eie waarneming in jou gebied daagliks aangeteken kan word.
Peet Pienaar is ‘n bekende weerprofeet. Wat die weervoorspellings so uniek maak, is die akkuraatheid daarvan oor ‘n lang termyn. Peet Pienaar se kennis is gegrond op waarnemings in die natuur, maansveranderings, die posisie van die maan, sonvlekke en die invloed daarvan op weerstoestande.
1 in stock
Uitgewer: Lapa
Datum:2004
Toestand: Dagboek is in hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek is splinternuut en slegs naam van vorige eienaar is voorin geskryf