Wêreld in wêreld deur / Elsabe Steenberg

R110.00

Drie maande gelede, een aand in Augustus, het Monika deur die gang na haar kamer gehardloop – en dit was die laaste keer. Sedert Augustus is sy nie net vyftien nie, maar ook verlam.

Om nie te kan loop nie, ruk Monika tot in die kern van haar menswees en dit het ‘n ingrypende invloed op haar verhouding met haar ouers, haar tweelingbroer, Meindert, en net met Jos, rooikop-mislik, maar dikwels en onverklaarbaar, êrens in haar nabyheid.

Verlamming bring Monika in aanraking met Anjure, Meidert se Indiërmaat en veral met sy oom Riaz met die sagte stem en die diepdonkeroë, wat sy lewe toewy aan radionika, ‘n genesingsmetode wat die leser, soos Monika, laat besef dat meer dinge moontlik is as wat tans deur die konvensionele mediese wetenskap aanvaar word.

In hierdie jeugverhaal bou die veelbekroonde Elsabe Steenberg brue tussen mense en wêrelde – bring sy die leser op ‘n treffende wyse te staan voor die Skepper van hemel en aarde en alle sienlike en onsienlike dinge.

1 in stock

SKU: KIN.WAV.006/16/10/23 Categories: , Tags: , ,

Description

Uitgegee deur HAUM

Eerste uitgawe, eerste druk 1988

Omslagontwerp deur Frauke Kroger

X-biblioteekboek met stempels en sakkie voor in boek, boek egter nog in puik toestand

Hierdie boek is gepubliseer by geleentheid van Potchefstroom se anderhalffees in 1988