Swart Pelgrim / F.A. Venter

R50.00

Kolisile, ‘n eenvoudige Transkeise swart man, word deur die agteruitgang van die bodem waarop hy opgegroei het, gedwing om na die goudstad van die witman te gaan. Hy, die seun wat naaste aan sy ou vader, Mbanjwa, se hart staan, moet hom wegskeur.

Onseker en met huiwering vertrek hy. In die ingewikkelde stad loop hy hom vas in die nuwe en onbegrepe omstandighede. Hy word ‘n struikelende en verwarde pelgrim.

Toe Swart Pelgrim verskyn het, het dit onmiddellik erkenning gekry as ‘n opsienbarende werk. Dit is ‘n diep menslike verhaal wat in ‘n wye kring ‘n nuwe begrip gebring het oor menslike verhoudings in Suid-Afrika.

Swart Pelgrim (1958) is in 1961 deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Hertzogprys vir Prosa bekroon.

2 in stock

SKU: FIKSIE.SKO.062(2)/2019; FIKSIE.(B).001/22/02/23; FIKSIE.(C).015/16/11/23(SUR) Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Negende druk 1963 (Skooluitgawe)

Toestand: Hardeband sonder stofomslag in ou toestand, rugkant aan bokant effens verweer. Heelwat aantekeninge en onderstreping in pen in die boek gemaak. OU skoolboeke, toestand wissel van boek tot boek

Mestekeninge: Roman Waher

Bekroon met die Hertzogprys 1961