Wie kan sug, kan sing! / Johan Cilliers

R65.00

Vir wanneer lied en lyding saamval.

God het ons geroep tot lof en musiek – ‘n gawe van God – is ‘n wesenlike onderdeel daarvan. Tog omsluit lof aan Hom meer as musiek. Dit dui op ‘n lewenstyl, ‘n lewenskwaliteit, ‘n houding. Lof aan God vind nie net in die kerk plaas nie, maar ook wanneer jy jou motor bestuur, wanneer jy jou gras sny. Want dit handel hier nie net oor die sing van lof nie, maar ook en veral om die syn daarvan.

In nege sprankelende oordenkings wys dr. Johan Cilliers dat ons lof nie deur lyding gedwarsboom mag word nie. Trouens, lof verkry dikwels sy suiwerste klanke juis vanweë lyding. Lyding maak dikwels ons lof vaartbelyn vir die ore van God. Dit snoei en slyp ons so dat ons Godkan loof, selfs op die ashoop en in die donker dieptes. Jou lof, jou lied maak die ashoop nie meer so eensaam nie, die dieptes nie meer so donker nie. Wie sing, wie met sy hele hart tot eer van die Here sing, sien meer as wat op hande is, sien God. Dit kan gebeur… wanneer lied en lyding saamval.

Wie sug, kan sing! is ‘n boek vir elke gelowige wat God wil loof ten spyte van sy lyding, wat met sy hele hart tot eers van die Here wil sing.

1 in stock

SKU: GEE.ALG.1057/14 Category: Tags: , , ,

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1991

Toestand: Sagteband met mooi gekleurde glansvoorblad, boek so goed soos nuut