Sale!

Wildegans wildegans / Elsabe Steenberg

R70.00

Wildegans wildegans is ‘n kortverhaalbundel met ‘n keur uit haar beste stories wat oor ‘n aantal jare in tydskrifte soos Huisgenoot en Sarie verskyn het. Die bundel word verdeel in drie afdelings, naamlik kindvrou en mens. In die titelverhaal skryf ‘n vrou ‘n reeks briewe aan haar oorlede man ten einde hulle dogtertjie se onafhanklikheid te probeer verwerk. Die keerpunt en aanvaarding kom wanneer sy onthou van die mak gemaakte wildegans wat sy eens as troeteldier aangehou het. Sy was nie in staat om die wildegans vir altyd te hou nie en so word die wildegans ‘n simbool van onafhanklikheid en vryheid. Gebarste kruik en ander verhale is nog ‘n bundel kortverhale. Die kortverhaal Wildegans, wildegans word opgeneem in die versamel bundels Kortverhale vir verkenning en Vertellers 2Blou band in Vrou: Mens onder redaksie van Corlia Fourie, Riviermin in Verlore paradyse saamgestel deur N.J. Snymanen Feetjies woon in wit skulpe in Hennie Aucamp se Blommetjie gedenk aan my.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.0002/7/18/22 Category:

Description

HAUM

Eerste uitgawe tweede druk 1981

Hardebandboek met stofomslag met geringe verweer op rante van die omslag -geringe waterskade in vorm van vlekke en boek het ook heelwat potloodaantekeninge