Witwater se mense / M.I. Murray

R100.00

Dis Witwater se Poon wat so vertel van die mense van die Sederbergse wêreld en van die blinkoogdinge wat rondom Kersfees gebeur:

“Nou is die grane klaar geoes en word die gerwe aangery. O, vir ons is dit ’n blydskap.

Ma is lankal besig met onse klere vir Kersfees, want op Witwater moet ons almal onse klere vroeg reg hê omdat onse Kinnerfees op Heuningvlei gevier, word . . . Vir ons kinders is dit die beste tyd van die hele jaar.

Nou kry ek die duurste rok wat ek nog ooit gehad het. Dis van ’n half-kroon ’n jaart se ‘dress linen’ so met blou blomme in, met so ’n valle-tjie hier in die middel. My sokkies het ’n blou streep en my haarlint is blou. Die sterretjie-knippe in my hare is silwerblink en my skoene spierwit.

Nou lui die kerkklok en Meneer hou vir ons kerk. En ons kinders sing op onse beste. Die helfte van ons sing ‘Betlehems Ster’, en die ander helfte sing ‘Heilige Nag’. O, ons bring ons heel beste voor!

En by die deur, met die huis toe gaan, kry elke kind twee bolletjies en van twee tot vier langlekkers – dit hang nou van die klas af hoeveel lekkers elke kind kry. Dis nou van daai langlekkers met strepe . . . Dis nou onse Kinnerfees op Heuningvlei, onse Kersfees. En vir ons voel dit elke jaar dit is die beste dag van onse lewe.”

1 in stock

SKU: FIKSIE.BIK.051/26/02/24(SUR) Category:

Description

Tafelberg

Eerste druk 1974

Hardeband met stofomslag, effense verweer op hoeke en kante, geskrewe pen op voorste binneblad en skimmelvlekke op kante van blaaie