Wotan S07 / Pieter Steen

R80.00

Wotan S07 is sestien jaar intra terram en ontvang sy oppervlakkrediet waarmee hy ‘n kort besoek kan bring aan die oppervlak van die aarde – ‘n oppervlak wat gedurende die Groot Oorloë verwoes is deur kernmissiele wat van vasteland tot vasteland aanhou vuur het lank nadat alle tekens van lewe uitgewis is. Wotan het nog altyd ‘n vermoede gehad dat daar meer aan die lewe moet wees as wat die siellose, gereglementeerde tonnelbestaan twee kilometer onder die aarde kan bied. Sy onbedwingbare vryhedsdrang en sy weetgierigheid maak dat hy na sy eerste besoek aan die oppervlak nie langer die dekrete van Sentrabeheer en Moeder, die ontsaglike sentrale rekenaar klakkeloos kan aanvaar nie. Wotan S07 is meer as net ‘n futuristiese avontuurverhaal – dit is ook die verhaal van hoe die mense se vrye gee triomfeer ten spyte van beperkinge wat daarop geplaas word.

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.101/12/21 Categories: , , Tag:

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1989

Sagteband met biblioteekstempels en -plakkers, boek in puik toestand binne en blaaie is vergeel