Description
Tafelberg-Uitgewers
Eerste uitgawe 1993
Sagteband in puik toestand – daar is egter ‘n naam en ‘n datum in swart ink geskryf op titelbladsy
Bandontwerp: Brett Wild
R100.00
1982. Jamaican Rumba het pas die July gewen. Apartheid vier hoogty en die paaie in Suid-Afrika wemel van Cortinas en Datsuns.
X-Ray Visagie, die TV-vasvrakampioen, word een oggend wakker en ontdek dat sy vriende Suzette Thompson en Daan Fourie, die wapen opgeneem het. As lede van Die vingers van God” oefen hulle hulle reg tot “direkte demokratiese geweld” uit.
Maar die dood en verwoesting wat hulle saai, is maar net die begin. Tydens die finale rondte van ‘n TV-vasvrakompetisie word X-Ray voor 500 000 kykers ontvoer en beleef hy dinge wat hy eerder sou wou vermy.
X-Ray Visagie en die Vingers van God, is ‘n spanningsverhaal vol onveilige seks, versteekte agendas, demokratiese geweld, verdagte politiek, literêre pretensie en vasvrakompetisies.
1 in stock
Tafelberg-Uitgewers
Eerste uitgawe 1993
Sagteband in puik toestand – daar is egter ‘n naam en ‘n datum in swart ink geskryf op titelbladsy
Bandontwerp: Brett Wild