Skoolboeke soek base!

Ek het nog steeds vreeslik baie ou voorgeskrewe skoolboeke  wat skole wou verbrand.  Die boeke is steeds teen ‘n reuse aanbod van R5 per boek  (of hier en daar bietjie duurder soos aangedui) te koop. Hier is jou kans om van die goeie ou dae se boeke te koop teen werklike billike pryse. Die boeke word voetstoots verkoop, maar ek probeer om elke boek se ou plastiek en sellotape byverpakking af te haal en rugkante te gom waar moontlik en te kyk of al die bladsye nog daar is. Sommige boeke is nog pragtig, ander is regtig net ‘n leeskopie. Boeke kan afgehaal word in die Roodepoort area of anders weeg ek die boeke om die gewig en die prys te bepaal en pos dit dan na u toe.

Laat waai! Kry nou vir jou goeie leesstof!

[table “38” not found /]

Reekse boeke en ensiklopedieë teen weggee pryse:

Foto’s van elke reeks is op aanvraag beskikbaar. Ensiklopedieë moet na bestelling verkieslik afgehaal word as gevolg van die gewig van die boeke. Posgeld sal baie hoog beloop.

Die vrou-reeks 1-8
Afrikaanse kinderensiklopedie Deel I – X
Ensiklopedie van die wêreld deel 1-10 met ‘n indeks
Ensiklopedie van die wêreld deel 1-10 met ‘n indeks met 2 supplemente by
Collier’s Junior Classics: The young folks shelf of books Deel 1-10
Collier’s Encyclopaedia (Deel 1-24) + Standard Dictionary en 4 Supplemente van die jare 1968, 1969, 1970 en 1973
Reader’s Digest Great Encyclopaedic Dictionary (3 dele)
Afrikaanse kinderensiklopedie Deel 1-10
Die Skatkisreeks Junior afdeling Deel 1-12 (groen boeke) en Senior Afdeling Deel 1-16 + 5 indekse om leiding te gee aan die inhoud
Die Nuwe Skatkisnaslaanreeks Deel 1-14