Nuut bygevoeg
Nuwe boeke onlangs bygevoeg
Biografië
Biografië en Outobigrafië
Welkom
Baie welkom by Kakkerlak Boeke. Mag jy die webblad geniet. Ek probeer 'n nuwe en tweede lewe gee aan ou Afrikaanse boeke. Hoop jy kry hier waarna jy soek. Indien nie - stuur 'n epos en ek soek die boek vir jou...
Daar is nog duisende boeke wat nie bygevoeg is op die aanlynwinkel nie - loer gerus op die skakel Tweedehandse boeke ook want meeste van daardie boeke is nog nie op die aanlynwinkel bygevoeg nie. Dit mag egter wees dat van daardie boeke reeds verkoop is aangesien ek nie die lyste opdateer nie.
Afrikaanse boeke bo!
Aankoopbeleid van ou boeke
Ek weet nie wat aangaan in die wêreld nie, maar ek kry weekliks oproepe van mense wat 'n massa boeke wil verkoop. Ek het nie meer plek vir 'n muis in my boekwinkel nie, en koop dus net aan wat my kliente benodig, maar indien u 'n lys van u boeke stuur, maak dit die herverkoop daarvan baie makliker. As ek nie van u boeke kan aankoop nie, kan ek egter die lys na al my boekhandelaarvriende aanstuur.
Dit vat baie tyd en energie om boeke te lys, maar GLO MY - maak daardie lys en ons kan jou help...
Hoe werk die webblad?
Wanneer 'n boek verkoop is op die aanlynwinkel, bly die foto en inligting rakende die spesifieke boek op die aanlynwinkel, maar die inkopiemandjie en die prys word nie aangedui nie en die boek word gelys as OUT OF STOCK. Die opsommende inligting van elke boek dien dan as databasis vir inligting oor die boek en waaroor die boek gaan. Wanneer u graag 'n boek soek en dit word aangedui as OUT OF STOCK, kan u my net laat weet dat ek kan uitkyk vir nog 'n eksemplaar daarvan.
Die aanlynwinkel werk baie eenvoudig en vereis slegs u adres inligting, telefoonnommer en eposadres wat als benodig word om met 'n kliënt te kommunikeer. Ons waarborg dat u inligting uitsluitlik vir die doeleindes van die Kakkerlak webblad gebruik sal word en verseker nie aan andere verskaf sal word nie.
Watter koerier moet ek kies?
Wanneer u 'n boek(e) op die aanlynwinkel bestel, sal u wanneer u die aankoop wil voltooi, die verskillende koerieropsies sien. Maak seker dat u die regte opsie kies. Fastway lewer net af in hoofsentra. Klein dorpies word met groot vrug bedien deur Pargo. U kan op Pargo se webblad (www.pargo.co.za) u dorp se naam gaan intik, en self kyk by watter winkels of vulstasies pakkies afgelaai word.
Nog 'n opsie wat fantasties werk veral vir die platteland, is Paxi wat van Pep stores na Pep stores gestuur word en lekker goedkoop is maar die wagtydperk is effens langer.
Ons onderneem om u bestelling so gou moontlik te stuur hetsy via die poskantoor of met 'n koerier. Die verskillende opsies is mooi uiteengesit in die aanlynwinkel sodra u u bestelling voltooi. Daar word voortdurend met u gekommunikeer oor die stand van sake van u bestelling.
Op Afslag
-
Sesde hoepel / Boerneef
R80.00R65.00 -
Tuinmaak in Suid-Afrika deur die jaar / Marianne Alexander
R120.00R100.00 -
In die skadu van Agnes Linde / C.F. Beyers-Boshoff
R20.00R15.00 -
Ja! vir die lewe / ds. Jacie van Rensburg
R15.00R10.00 -
Die ontheiliging / Tim LaHaye en Jerry B. Jenkins
R80.00R30.00 -
Greyling op die spoor/A.J. Hanekom
R40.00R20.00 -
Uit juffrou se dagboek / Sita
R65.00R50.00 -
In die tyd van die Esob / Martie Preller
R100.00R80.00 -
Die laaste aand / C. Louis Leipoldt
R50.00R40.00 -
Voete se offer / Cornelia Kruger
R65.00R45.00 -
Die avonturiers van Ouplaas / Emily Pieterse
R55.00R50.00 -
Ek dare jou ... leef voluit / Dieter Voigt
R80.00R30.00 -
Oliver Twist / Charles Dickens
R65.00R55.00 -
Die Eensames / W.A. de Klerk
R50.00R40.00 -
Nelspruit 75 in '80 / Hans Bornman (Redakteur)
R180.00R70.00 -
Suid-Afrikaanse aalwyne / Barbara Jeppe
R450.00R350.00
Dankie vir almal se ondersteuning in 2020. Ek dank die Here vir soveel seëninge in 2020. Let wel: Ons sluit vir ‘n kort vakansie op Donderdag 17 Desember 2020 en open weer op 28 Desember 2020 en sal pakkies uitstuur op dae waarop die koeriers wel kan oplaai. Mag elkeen van julle ‘n geseënde feestyd beleef en verfris word vir die nuwe jaar, 2021. Dismiss