W.A. de Klerk sou verlede jaar 100 jaar oud geword het. Die woordemaker is ’n herontdekking van die werk van ’n meestervakman en ’n woordsmid by uitstek. De Klerk was ’n radioman, ’n advokaat en ’n skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom op sy plaas Saffier naby die Paarl gaan vestig, waar hy ’n vrugtekweker was. De Klerk was ’n veelsydige skrywer en het jeugverhale, reisverhale, essays, romans en dramas geskryf. Sy nalatenskap sluit in die romans Die uur van verlange en Die wolkemaker; jeugverhale soos Willemien se ligte dae en dramas soos Die jaar van die vuuros, waarvoor hy ook met die Hertzogprys bekroon is. De Klerk het ’n hartgrondige belangstelling in en liefde vir die natuur en die mens gehad. Hy het geglo dat ’n mens met “skroei-eerlikheid” na die wêreld om jou moet kyk sodat jy die patrone kan herontdek. Dié hoorbeeld is ’n viering van dié veelkantige vakman se werk. Hoorbeeld: 2017 was vanjaar een van die produksie by die KKNK.
Willem Abraham de Klerk is gebore op 7 March 1917 in Marquard, Oranje Vrystaat. Hy was op skool in Bloemfontein en Kaapstad en het Regte studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy het eers as prokureur in Kaapstad gewerk en was later jare vryskut-skrywer en -radioaanbieder. Toe hy teruggekeer het van ‘n toer deur Europa het hy by die SAUK in Kaapstad begin werk, maar het kort daarna begin boer op Saffier, naby die Paarl.
Daar is net ware tragiek. En die wese hiervan is die mens en sy verhouding tot God – in alle eeue en alle lande onveranderlik, binne die grense van die God-gegewe menslike vryheid. – W A de Klerk
Hertzogprys vir drama 1952
Scheepersprys vir kinderliteratuur in 1958 vir Die Skarlaken Eskader (1941), Die vallei van die rooi gode (1945), Die gésel van Namaland (1953), Agtien man en ’n meisiekind (1956) and Poens, Deel 1: Die penkopjare.
Die Nasionale Boekhandelprys is aan hom toegeken vir die historiese roman Die laer in 1964 (Die boek is in dieselfde jaar vertaal na The thirstland.)
Laastens is die D.F. Malan Medalje postuum aan hom toegeken in 1996.
Boeke:
Dramas: Uit die goeie aarde, 1942 Die verterende vuur, 1945 Nag het die wind gebring, 1945 Drie vroue, 1945 Drie dramas, 1947 Hellersee, 1947 Vlamme oor La Roche, 1951 Die jaar van die vuur-os, 1952 Adam en Eva, 1953 Die twisappel, 1955 Vermaak se kind, 1963 Wanneer see en branders dreun, 1963 Die markplein, 1978 Die afgrond, 1984Sy novelles : O, heilige onrus, 1958 Die soekende mens, 1960 |
Romans: Die grenslose, 1946 Die wolkemaker, 1949 Die eensames, 1953 Nelia Bell, 1951 Die uur van verlange, 1953 Komedie onder die eike, 1955 Die laer, 1964Jeugboeke: Die Skarlaken Eskader, 1941 Die vallei van die rooi gode, 1945 Die grenslose, 1946 Die wolkemaker, 1949 Die gésel van Namaland, 1953 Agtien man en ‘n meisiekind, 1956 Poens, Deel 1: Die penkopjare, 1956 Willemien se ligte dae, 1958Sommige boeke soos ‘n Swerwer op die sonpad, is geherdruk deur Protea Boekhuis in 2008. |
De Klerk se verhaalkuns aarsel tussen bloot ontspanningslektuur en ernstiger letterkunde, wat aktuele kwessies krities aanspreek in ’n verhaalbeeld wat tot stand kom uit die konsekwent gedissiplineerde en volgehoue gemotiveerde aanwending van alle tekselemente.
Steenberg (1987) merk tereg op: “De Klerk se prosa sal vanuit die insig wat die denke oor die literatuur in die tagtigerjare gebring het, beskou kan word as Goeie Gewilde prosa.”
Protea Sonnekus
http://www.stellenboschwriters.com/deklerkwa.html