Die huis in Hertestraat / Leon van Nierop
R10.00
Wanneer Ilse Cilliers as eerstejaarstudent na Stellenbosch vertrek, sluit sy haar dagboek met: Alles is verby. Verby is die eindelose dae in die winkel saam met ‘n moeder wat elke beweging van haar dophou, omdat sy dan anders wou wees, iemand met onverklaarbare vrese.
Maar toe sy aanland in Charlotte Heyns se donker dubbelverdiepinghuis in die Laan, weet sy dat alles nié verby is nie. Nou is dit Charlotte wat beslag lê op haar – beklemmend, vreesaanjaend. Vir haar is sy nie Ilse nie, maar Linda, haar lieflingskind, Linda wat volgens die menigste fotos oral in die huis net soos sy lyk, Linda wat dood is. Tot elke prys wil Charlotte Linda hierdie keer behou.
Gelukkig ontdek Ilse ook ‘n ander soort lewe – dié van die mense in Hertestraat. Deur die uitbundige rooikopbibliotekaresse Petro, alias Peet, ontmoet sy Tobie en sy gesin: doe penkop Niklaar, die verstandelik vertraagde Lena en die simpatieke moeders, Erika. In hulle huis word daar gelééf en ‘n verskoon-dat-ek-hier-is-mens soos Ilse kan ontdooi.
Maar dan vind Ilse uit dat Tobie met Linda getroud was en dat Charlotte hom haat. Charlotte beskuldig hom daarvan dat hy eers haar kind van haar weggeneem het en daarna na haar graf gestuur het. Daarom verbied sy hom om naby die nuwe Linda te kom. En as Tobie nie na haar luister nie, sal sy weet hoe om hom te laat boet. Daar is genoeg in sy verlede wat sy teen hom kan gebruik… Die boek is getrou aan die lewe.
Out of stock