W.A. de Klerk sou verlede jaar 100 jaar oud geword het. Die woordemaker is ’n herontdekking van die werk van ’n meestervakman en ’n woordsmid by uitstek. De Klerk was ’n radioman, ’n advokaat en ’n skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom…
Skepper van Jakkals- en Wolfstories oorlede Pieter Willem Grobbelaar is op 25 Desember 1930 in Bloemfontein gebore, waar hy ook gematrikuleer het aan die Sentraal Hoërskool. Hy studeer Filosofie aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat en behaal ‘n doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy ook ‘n professor was in die Departement van Afrikaanse…
24 Oktober 1940 – Schalkie van Wyk Louié Schalkie van Wyk is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore en woon vandag in Johannesburg. Sy sê haar geboorte was ’n rampspoedige gebeurtenis, want sy moes ‘n seun gewees het. Die sproete op haar neus het sy al by geboorte gehad, en dat sy meer plooie…
Die skrywer Piet Steyn is op 9 Mei 2013 skielik oorlede. Piet het in 2007 sy debuut gemaak met die boek Snoeisker. Hy het met hierdie debuutboek vir altyd vir hom ‘n merk gemaak in die speurverhaalgenre. Die boek is opgevolg deur Bottelnek, Tou en Tik. Hy was blykbaar halfpad met sy 5 de roman, Bloed toe hy skielik aan ‘n beroerte…
JEUGSKRYWER Martie Preller 2 November 1948 Sy is so verfrissend aards… en steeds verwonderd oor die lewe! Martie Preller is ‘n geliefde en bekroonde kinder- en jeugboekskrywer. Hierdie skepper van Balkie, Babalela en ‘n magdom onvergeetlike karaktertjies wat volksbesit geword het, is verfrissend aards oor skrywerskap. Martie reken ons is almal skrywers, dat ons lewens stories…
Foto uit: Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom Peter Henry Nortje is op 20 Oktober 1920 op die plaas Klipfontein in die wyk Baviaanskloof, distrik Willowmore in die Oos-Kaap gebore. Dié plaas was deel van die vroeëre Sewefonteint in die Baviaanskloof waar soveel van sy vertellings afspeel. Hy matrikuleer op Willowmore en studeer aan die opleidingskolleges in…
Dalene Matthee (1938 – 2005) Die skrywer Dalene Matthee, uit wie se pen 13 boeke verskyn het, is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Dalene is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore. Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en…
Wie onthou nou nie die Rivierplaas en Katrientjie boeke van Alba Bouwer nie? Ek wonder soms hoeveel het die sketse meegehelp aan die wonderlike nostalgiese herinneringe aan klein Ali, ou Melitie, Katrientjie en Abdoltjie nie… Sonder die sketse sou daar ‘n ander atmosfeer gewees het maar nou dra hierdie pragtige tekeninge van Katrine Harries grootliks…
Foto agterop Braam en die engel verkry Maria Magdalena (Marietjie) de Jongh is op 1 Maart 1953 op Vredenburg aan die Kaapse weskus gebore en het in die Sandveld op die plaas Tzaarskuil grootgeword. Sy gaan skool op die plaasskole Tzaarskuil en Suurfontein, waarna sy haar hoërskoolopleiding in 1970 op Hoërskool Aurora voltooi. Hierna is sy na die Universiteit Stellenbosch, waar sy in 1973 ‘n…
Hier sit ek nou in 2018. Ek is agter met al my admin, my leeswerk, my huis, my vakansiewasgoed en die nuwe jaar is reeds 4 dae oud. Soos dit altyd gaan in ‘n nuwe jaar, het mens blinkende gedagtes van: leer meer oor dié, lees meer koerant of wens almal geluk met hul verjaarsdae,…