Die Kon-tiki Ekspedisie / Thor Heyerdahl (Libri)

R100.00

Die Kon-Tiki ekspedisie het vir die eerste keer in 1948 in Noorweë verskyn en is sedertdien in meer as ‘n dosyn verskillende tale vertaal.  Hierdie Afrikaanse uitgawe is van Francois J. Eybers bekende skrywer van jeugverhale wat ook al heelwat werke uit die klassieke in Afrikaans vertaal het.

Thor Heyerdahl is op 6 Oktober 1914 te Larvik, Noorweë gebore. Sedert sy kinderdae stel hy belang in die natuurwetenskappe en dit was vanselfsprekend dat hy na sy matriek hierin by die Universiteit te Oslo gaan studeer het. Dierkunde was sy hoofvak en reeds as student het hy ‘n ekspedisie na die Marquesaeilande in die Stille Suidsee onderneem om gegewens oor die Polynesiërs in te win. Ontdekkings op hierdie reis het oom op die spoor gebring van ‘n moontlike amerikaanse oorsprong van hierdie ras. By sy terugkeer het hy hom verder hierop toegelê en in 1939-’40 het hy ondersoek gaan instel langs die weskuns van Brits Columbia. Deur die uitbreek van oorlog moes hy sy navorsing tydelik staak en het hy aangesluit by die Noorse valskermtroepe. sy Polynesiese ondersoek is egter in 1945 in Noorweë en die VSA voortgesit en het uiteindelik in 1947 uitgeloop op die nou wêreldberoemde Kon-Tiki ekspedisie. Sy boek verskyn in 1948 in Noorweë en in 1952 sy wetenskaplike verhandeling oor die Amerikaanse oorsprong van die Polynersiërs. Ook sy rolprent oor die ekspedisie is reeds in die meeste lande van die wêreld vertoon.

Out of stock

SKU: FIKSIE.FIR.001/12/17 Category:

Description

Uitgewer: J.P. van der Walt en Seun

Datum: 1959

Toestand: Hardeband met mooi en netjies omslag boek nog mooi en skoon, verbruinde merke op beide voor- en agterste binnebladsy

Reeks:  Boek nr. IV in die Libri-reeks van klassieke jeuglektuur