Description
Uitgewer: Macmillan SA
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1986
Toestand: Hardeband boek met gekleurde glansvoorblad in puik toestand
Vertaling: Basil van Rooyen
Omslagontwerp: Mel Miller
R150.00
Die gedagte aan hierdie boek het ontstaan op ‘n warm Septemberaand in 1980 in die pragtige Shingwedzikamp in die noordelike deel van die Krugerwildtuin. Die Natuurlewevereninging van Suid-Afrika was besig om ‘n perskonferensie daar te hou. Een van diegene daar teenwoordig was David Paynter, ‘n beroepsfotograaf met baie jaar ervaring in die dekking van nuus en artikels oor Afrika.
Nog ‘n persoon teenwoordig wa Piet van Wyk, hoof van die afdeling Navorsing en Inligting van die Nasionale Parkeraad in Pretoria. Van Wyk is ‘n bioloog wat spesialiseer in plantkunde, hy is ook die skrywer van die standaardwerk oor die bome van die Wildtuin. Terwyl hy met Paynter gesels het, het hy gemeld dat daar geen omvattende boek oor die Wildtuin as ‘n geheel bestaan nie. Dié gedagte het Paynter ‘n fotografiese pelgrimstog laat onderneem wat baie jare in beslag sou neem. Eers het hy die Nasionale Parkeraad se goedkeuring en samewerking verkry en toe die Wildtuin gereeld begin besoek, verskeie kere per jaar, jaar na jaar, totday hy ‘n geweldige versameling foto’s van diere, voëls, insekte, uitsigte en talle ander fasette van die Wildtuin se lewe opgebou het. In die altesame meer as 1gt maande wat hy daar deurgebring het, het hy 17 notaboeke gevul met inligting, meestal besonderhede van die netwerk paaie, die drinkgate, kampe, wat hulle bied en waar die diere aangetref kan word.
En in 1983 vra Paynter vir Wilf Nussey, ‘n koerantredakteur en gewese kollega wat vroeër saam met hom Afrikasake gedek het, om hom te help om ‘n boek te skep rondom sy kern van foto’s/ Nussey, ‘n lewenslange natuurliefhebber wat ‘n groot deel van sy jeug deurgebring het in die wildryke Laeveld nie ver van die Wildtuin af nie, het die berg van inligting wat Paynter versamel het, verteer, selfs verdere navorsing gedoen oor die Wildtuin se geskiedenis, voorgeskiedenis en bestuur, meer uitgevind oor die Wildtuin se lewe, en dit alles saamgeskryf as ‘n boek.
Voorwaar ‘n pragtige koffietafelboek – ‘n bietjie kleiner as A3-grootte en pragtig en prakties uiteengesit.
Out of stock
Uitgewer: Macmillan SA
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1986
Toestand: Hardeband boek met gekleurde glansvoorblad in puik toestand
Vertaling: Basil van Rooyen
Omslagontwerp: Mel Miller