Die laaste woord / Randy Pausch

R110.00

Die boek spreek van baie lewenswaarhede en is nie heeltemal slegs geestelik van aard nie.

Baie uittredende professore lewe afskeidslesings. Hulle word gevra om hul lewe in oënskou te neem en te praat oor wat hulle die naaste aan die hart lê. En terwyl hulle praar, kan die gehoor nie help om oor dieselfde vraag te tob nie: watter pêrels van wysheid sou ons met die wêreld wou deel as ons geweet het dis ons laaste kans? Wat sou ons wou nalaat as ons more van die aardbol sou verdwyn?

Toe Randy Pausch, professior in rekenaarswetenskap aan Carnegie Mellon, genader is om so ‘n laaste lesing aan te bied was dit nie vir hom nodig om hom te verbeel dat dit sy laaste sou wees nie aangesien terminale kanker onlangs by hom gediagnoseer is. Maar sy lesing getiteld “hoe om jou kinderdrome te verwesenlik” het nie oor die dood gehandel nie. Dit het gegaan oor hoe belangrik dit is om struikelblokke te oorkom, om ander se drome te laat waar word, om elke oomblik aan te gryp, want “tyd is al wat jy het”. En eendag mag jy dalk net ontdek dat jy minder tyd het as wat jy gedink het. Hier die lesing was ‘n samevatting van als waar aan Randy geglo het. Dit het oor die lewe gehandel…

3 in stock

SKU: GEE.MIK.023/12/17; BIO.(B)ALG.001/17/5/22; BIO.CHA.044/6/20 Category:

Description

Uitgewer: Jonathan ball Uitgewers

Saamet met Jeffrey Zaslow

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 2008

Toestand: Hardeband met stofomslag boek so goed soos splinternuut

Vertaal deur: Uit Engels deur Riette Botma