Die rooi ridder kruisvaarder / Leopold Vermeiren

R110.00

Honderde jare gelede, in die dae toe kasteelhere nog oor die besittings en lewe van hul onderhoriges beskik het, het die rooi ridder deur die bosse geswerf. Hy het ‘n rooi kleed gedra en op ‘n swart perd gery. aan sy sy was sy swaard; oor sy skouer het sy boog en pylkoker gehang.

Die rooi ridder was die skrik van wrede kasteelhere, maar die vriend en beskermer van die arme. As hy sy pyl op iemand gerig het, was die skoot nooit mis nie; as hy sy swaard teen ‘n vyand getrek het, was daar geen hoop vir sy teenstander nie.

Vir geen gevare het die rooi ridder gestuit nie. Die wrede onderdrukkers het hul tande gekners as hulle sy naam hoor. Hulle het hom in lokvalle gelei en soms selfs gevangene geneem. Maar geen toue kon die rooi ridder boei nie, en in geen tronk of kerker het hy gevangene gebly nie. As hy self nie meer raad gehad het nie, was daar nog altyd sy troue helper Koenraad.

Die avonture wat die rooi ridder beleef het in sy stryd teen ongeregtigheid sal elke seun meevoer tot die dae toe elke man nog sy man moes staan teen die baie gevare wat gewag het – varal as dit ‘n man was wat gevaar gesoek het.

Titels in die reeks is :

  1. Die Rooi Ridder
  2. Die Rooi Ridder Oorwin
  3. Die Rooi Ridder Kruisvader
  4. Die Rooi Ridder in die Brandende Toring
  5. Die Rooi Ridder in Gevaar
  6. Die Rooi Ridder in die Leeukuil
  7. Die Rooi Ridder Val Aan
  8. Die Rooi Ridder op die Ysterbrug

Out of stock

SKU: FIKSIE.THE.001/9/20 Category:

Description

Uitgegee deur Nasionale Boekhandel

Tweede druk 1969

Sagteband met mooi netjiese stofomslag boek in goeie toestand, eerste titelbladsy uitgeskeur, kleeflintmerke op binneblaaie, blaaie verbruin

Vertaal deur Elma Hartmann en Deon van den Heever

Boek nr. 4 in Die Rooi Ridder-reeks

Hierdie boek in goeie toestand en met ‘n omslag is maar skaars.

Versamelitem