Die verlore prins / Jenny Seed

R100.00

Toe Nandi, die kinderlose hoofvrou van Koning Usibilwana, na baie jare aan ‘n seun geboorte skenk, is die koning oorstelp van vreugde en kondig hy aan dat dié jong prins, Untatu, eendag na hom koning sal wees.

Untatu se jaloerse halfbroers besluit egter om hom om die lewe te bring. Gelukkig hoor Nandi van hulle planne. Sy versteek haar kind en gee voor dat hy uit die hut gesteel is, terwyl sy gaan water haal het. Mettertyd word dit egter al moeiliker om die jong prins te versteek en op ‘n dag besluit hy om weg te loop.

Baie baie jare lank is Nandi die enigste een wat bly glo dat hy weer eendag sal terugkom…

1 in stock

SKU: KIN.LIN.(B).039/3/24; KIN.FOR.007/18/7/22 Category:

Description

Daan Retief Uitgewers

1985

Groen hardebandboek in mooi toestand, fyn penmerkie op voorblad

Oorspronklik in engels uitgegee onder die titel : The lost prince

Vertaal deur H.J.M. Retief

Omslagontwerp en illustrasies: Ann Walton