Die vuurkoolsterre / Marguarite Poland

R65.00

Die bekoorlike verhale in Die vuurkoolsterre, op kenmerkende wyse vertel deur Marguarite Poland, wenner van die  Percy Fitzpatrick-toekenning in 1979, het die ryke verskeidenheid tradisies van vier Suider-Afrikaanse volke as agtergrond: die San in Die vuurkoolsterre, die Xhosa in Die verhaal van Nomulelo, die Tsonga in Tobane en die waatlemoen en die Zoeloe in die Kind van die duiwe. Die stories is nie volksverhale wat oorvertel is nie maar oorspronlike verhale geïnspireer deur hierdie volke se siening van die wêreld. Shanne Altshuler se illustrasies vul die stories pragtig aan.

Out of stock

SKU: KIN.DON.001/3/18 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 1983

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad, boek se garing het in middel losgekom maar is vasgegom verder is boek mooi, stempels elders in boek, voorbladpunte van die boek is gebuig en effe beskadig en die plastiek van die voorblad het losgekom en ‘n groot stempel AFGESKRYF op binneste titelblad. Is dit nou nodig?

Illustrasies: Shanne Altshuler

Oorspronklike titel: The woodash stars – 1983